2021 Wing Fling – written by Amorita Engelbrecht & Cynthia le Roux
Sondag 3 Oktober 'n Woeste suidooster waai Woensdag en Donderdag in Gordonsbaai, reën word vir later in die week voorspel, dus ry Johan Hattingh al Donderdag; hy het genoeg gehad van die nat Kaap! Die komitee is ook vroeër weg om dinge reg te kry. Gerdus en Cynthia het via Addo na Knysna gegaan (lekker lang vakansie) en Peet het ook so kuier-kuier veilig uit Walvisbaai aangekom. Ons vertrek op 'n yskoue, windstil dag en kry vir Kraai, Peet en Wynand en Jana by die petrolstasie. Die wêreld is grasgroen en die damme vol na ons winter, voorwaar 'n seën!...