WC Chapter: Run to Darling Breweries, 13 June 2021

Written by Amorita Engelbrecht

Ons is nagdonker al weg uit Gordonsbaai en dis eers toe ons by Total kom dat ek sien dis erg bewolk en reën dreig!  Ek sou seker terug in die bed geklim het as ek dit vroeër gesien het.  John en Penny Burger wag al daar. Jacques Rossouw kom na ‘n rukkie maar moet weer terug huis toe om Mandy te gaan haal want sy blaas nog hare droog. Hy het duidelik vergeet om haar betyds wakker te maak! Johan Hattingh arriveer en toe sit ons maar en koudkry terwyl ons vir die Rossouws wag.

Uiteindelik kom ons weg en Jacques lei ons op vreemde agterpaaie deur Kraaifontein tot waar ons die volgende groep by die N1 Engen kry. Kraai, ons ander Road Captain,  daag op. Christo en Tracey van Lill is ook daar met ‘n paar vriende wat hulle nader gehark het. Voor ons staan ‘n maroen trike, maar ek het nooit uitgevind wie hulle is nie. Hoop ons sien hulle weer.  Clive en Milly Fourie is ook hier. Ek het hulle laas in Februarie gesien. Krish Naidoo en Delphius Symington is nog op die krukkelys, so hulle ry lekker warm in ‘n bussie.  Dit bly bewolk en koud, maar gelukkig bly die reën weg . Die eerste aronskelke is ook al te sien in die veld langs die pad.

Upon arrival at our Malmesbury meeting point, I am surprised to see Richard and Martina Noble again after a long absence. We learn that he had a back operation and they are, therefore, also on four wheels.

Another welcome face is Paul Setsetsi from KwaZulu-Natal. One of his Wing trikes now lives in the Cape where he now also has an apartment. We will hopefully see more of him at our runs … as long as he brings Chuma along next time!

Ek was nogal verbaas om Lizbé en Deon van Zyl te sien want ek het gedink sy sal sê dis te koud om te ry, maar Deon het blykbaar die hele Saterdag hulle Wing gewas en opgevryf en hy het vir haar gesê hy het dit nie verniet gedoen nie! Renthia sukkel ongelukkig nog steeds met haar gesondheid en is Boet maar alleen hier.

Vanaf Malmesbury moet André voor ry met Kraai wat kort-kort aangevlieg kom om te sê ons moet stadig want die ander is te ver agter. Dit is darem nie asof die ou 1500 só vinnig gery het nie!

Gelukkig het Delphius met ons wegtrek gesien Christo se agterband lyk nie heeltemal lekker nie anders het ons beslis probleme langs die pad gehad. Vinnige weer die band gepomp en moes die manne ry om ons in te haal want ons was nie bewus van die probleem nie.

Almal kom darem veilig by Darling Brew, ‘n mikrobrouery,aan. Ons word verwelkom met heerlike warm koffie.  Daar word baie gesels en nuus gedeel en ons plaas ons kosbestellings. Ons verwelkom John en Penny Burger, Clive en Milly Foirie en Gladys Moog as nuwe lede en hulle kry hulle klubkleure, maar hulle word nie gevra om die Wing Song te sing nie! Wynand deel mooi oorbelle met ‘n mooi Wing-motief uit aan die dames.  Ek het ongelukkig nie gaatjies in my ore nie!

At last, the sun appears while we receive our food.  Very interesting and tasty too. After some more coffee, beer and wine, Pieter van Nieuwenhuizen from Saldanha won a lucky draw. I do not know if there was another winner. After saying goodbye, some went to Evita Perron’s making the most of the nice weather. With 16 Wings there, we had a really nice turnout despite the initial weather conditions.

Dankie aan almal wat die winterweer trotseer het. Dit was die moeite werd! Nogmaals dankie ook aan Kraai en Jacques vir al hulle reëlings en moeite om seker te maak dat ons ‘n seepgladde uitrit kon ervaar en geniet.

To see more photos of this outride, please click HERE.