WC Chapter: Run to Saint Helena Bay, 18 April 2021
Written by Cynthia le Roux Die Wing Riders is n gehoorsame klomp mense!! Toe ons hoor ons moet 8-uur vanoggend by die N1 City bymekaar kom, het die Wings al van 07:30 begin aankom. Om 08:00 was almal daar en toe kom ek agter ons mis 'n paar van die skoner geslag. By verdere navraag het ek verneem dat Amorita iets geëet het wat nie met haar akkordeer nie, Mandy is siek, en Sandy en Chris kon nie saamry weens sy ongesteldheid. Edwina sal by 'n volgende geleentheid weer saamry. Om presies 08:15, toe Krish 'die fluitjie blaas', vertrek ons...