WC Chapter: Outride to Saldanha, 6 November 2022

Written by Amorita Engelbrecht and Cynthia Le Roux André en Amorita het sommer hulle run al begin deur Saterdagaand by Deon en Lizbe oor te slaap op Malmesbury om die meeste gesels solank agter die rug te kry en ook om oorvloedig bederf te word met 'n braai. Hulle is natuurlik per motor en ontmoet die groep by Langebaan Engen. Hoe lekker is dit om so 'n groot groep Wing Riders bymekaar te sien! Cynthia en Gerdus het ook bietjie vroeër hulle uitrit begin deur by Igsaan en Feroza te gaan oorslaap. So, vroeg Sondagoggend vertrek die vier . Die...

Read More

WC Chapter: Outride to Paarl, 15 May 2022

Al is dit aanvanklik koud, is dit verder 'n volmaakte dag en hoor mens oral motorfietse brul soos wat hulle die pad vat. By ons bymekaarkomplek voor Sir Lowrypas, staan Feroza soos gewoonlik reg met die heerlikste varsgebakte koeksisters. Delphius het eers later, met spyt, verneem dat hy die heerlikheid misgeloop omrede hy op die nippertjie by die vertrekpunt opgedaag het. Wynand, Kraai, Gerdus en Cynthia-hulle was ook daar; die De Doorns-paar was hoeka in Stellenbosch. Chris van der Merwe het saam met ons opgedaag met sy 1100 Wing. Boet en Jacques was effe ongesteld - ons hoop hulle herstel...

Read More

WC Chapter: Outride to Port Owen, 20 February 2022

Written by Amorita Engelbrecht ‘n Lieflike dag vir motorfiets ry, maar van vandag af is ons op vier wiele. Ons laai vir Deon en Lizbe op in Malmesbury. Hulle Wing rus vandag. Die res van ons groep Wings se vertrekpunt is by Engen op die N7. Delphius lees nie lekker nie en is omtrent n uur te vroeg maar Henda gee nie om nie en ‘n Wimpy-ontbyt word saam met Boet en Renthia deurgewerk. While the rest of the group arrives, as almost always, Igsaan and Feroza have something to taste. Best tasting koeksisters! Even the waitress got to taste...

Read More

Western Cape Chapter – Year-end function: 19 to 21 November 2021

Vrydag, 19 November 2021 Soos gewoonlik hou ons die weervoorspelling dop vir die naweek en dit lyk of dit Saterdag liggies kan reën in Arniston met wind wat ook voorspel word. Soos te wagte, het die meerderheid dus maar hulle vier wiele nader getrek! Gelukkig het 'n paar dapper siele ons Wing Riders se naam hoog gehou en met hulle Wings gekom. Ek dink hulle moet eerder WIND Riders genoem word! 🤣 Ons vriende kom so stuk-stuk aan. Ons gesels asof ons mekaar jare laas gesien het hoewel die Wing Fling net meer as 'n maand gelede was. Die hotel is soos...

Read More

WC Chapter: Run to Darling Breweries, 13 June 2021

Written by Amorita Engelbrecht Ons is nagdonker al weg uit Gordonsbaai en dis eers toe ons by Total kom dat ek sien dis erg bewolk en reën dreig!  Ek sou seker terug in die bed geklim het as ek dit vroeër gesien het.  John en Penny Burger wag al daar. Jacques Rossouw kom na 'n rukkie maar moet weer terug huis toe om Mandy te gaan haal want sy blaas nog hare droog. Hy het duidelik vergeet om haar betyds wakker te maak! Johan Hattingh arriveer en toe sit ons maar en koudkry terwyl ons vir die Rossouws wag. Uiteindelik...

Read More

WC Chapter: Run to Ceres, 23 May 2021

Written in Afrikaans by Cynthia le Roux, Western Cape Chapter Vanoggend vroeg sê Wynand per stemboodskap: "Dis die perfekte dag vir bike ry!" En dit was! Hoewel dit egter knypkoud was toe ons vanoggend by die huis weg is. Ons Worcester Wingers het mekaar by die mall se parkeerarea gekry. James met die Goue (Oue) ... Gerdus en ek met die Lady in Red en Gladys, Kenny en seun. Ongelukkig is hul bike nie reg en moet eers herstel word. So ry ons tot by die indraai van die R43 wat uit die N1 loop en wat ons tot by...

Read More

WC Chapter: Run to Saint Helena Bay, 18 April 2021

Written by Cynthia le Roux Die Wing Riders is n gehoorsame klomp mense!! Toe ons hoor ons moet 8-uur vanoggend by die N1 City bymekaar kom, het die Wings al van 07:30 begin aankom. Om 08:00 was almal daar en toe kom ek agter ons mis 'n paar van die skoner geslag. By verdere navraag het ek verneem dat Amorita iets geëet het wat nie met haar akkordeer nie, Mandy is siek, en Sandy en Chris kon nie saamry weens sy ongesteldheid. Edwina sal by 'n volgende geleentheid weer saamry. Om presies 08:15, toe Krish 'die fluitjie blaas', vertrek ons...

Read More

WC Chapter: Run to Sandown Blues, Kleinmond, 28 February 2021

Written by Amorita Engelbrecht Toe kies ons Kapenaars die warmste en winderigste dag dié somer om op die Wings te klim! Ek bly hoop dat André sal sê ons kan met die kar ry, maar as ek enigsins kla oor die weer, sê hy dat hy die Wing gaan verkoop, en wil ek nou dít op my gewete hê?!  Op pad na ons bymekaarkomplek waai die wind só sterk dat ek amper gevra het of hy my nie kan terugvat huistoe nie, maar ek byt maar vas en klou. By die garage is daar al 'n hele groep mense. Wynand...

Read More