WC Chapter: Outride to Port Owen, 20 February 2022

Written by Amorita Engelbrecht

‘n Lieflike dag vir motorfiets ry, maar van vandag af is ons op vier wiele. Ons laai vir Deon en Lizbe op in Malmesbury. Hulle Wing rus vandag. Die res van ons groep Wings se vertrekpunt is by Engen op die N7. Delphius lees nie lekker nie en is omtrent n uur te vroeg maar Henda gee nie om nie en ‘n Wimpy-ontbyt word saam met Boet en Renthia deurgewerk.

While the rest of the group arrives, as almost always, Igsaan and Feroza have something to taste. Best tasting koeksisters! Even the waitress got to taste with a big smile.

When it was time to pull away, the road captain, Kraai, got us on the road while Boet and Renthia (today as pillion) and Chris and Sandy were sweepers in the back. We would only later discover that Boet was slowing down to wait for Chris while Chris couldn’t understand why Boet is not catching up with the group in front. The misunderstanding was sorted out later.

It was good to ride in a formation again and soon we saw Amorita and André’s car.

By die Hopefield-afdraai wag ons vir die groep en volg hulle tot by Die Vaatjie Taphuis in Port Owen. Die wêreld is maar droog en vaal. Ons sal nog ‘n maand of twee moet wag vir ons reëns. By die Taphuis wag die Bokelmans en hulle kinders al vir ons. Altyd lekker om hulle weer te sien. Pieter en Marietjie en hulle dogter is ook daar wat ‘n groot ondersteuning vir hulle tans is terwyl Marietjie weer die groot K beveg.

Krish PLAKIstani (after his wonder walk in Arniston on plakkies over a slippery and rocky trail)   en Gail is nog op vier wiele. Ek is seker hy is al moeg gewag dat sy Wing weer reg is. Heinrich se planne het uitgewerk, so hy is ook by, daar is mos die vooruitsig van ‘n pienkvoet op die horison!  Soos gewoonlik het almal genoeg om te sê en daar word heerlik gekuier.  Ons bestel ons kos, groot porsies en baie smaaklik, almal is later maar traag om te groet en die pad terug te vat. Kraai moes nog voëls vir sy vrou oplaai, gelukkig nie lewendiges nie! Hulle het darem in die Wing gepas.

Dankie aan Pieter wat Die Vaatjie Taphuis vooraf gaan besoek het en die bespreking gedoen het, en Kraai wie, soos gewoonlik, almal mooi bymekaar gehou het. Ek dink die klomp begin al meer gehoorsaam word!

Veilig bly tot volgende keer.