WC Chapter: Outride to Saldanha, 6 November 2022

Written by Amorita Engelbrecht and Cynthia Le Roux

André en Amorita het sommer hulle run al begin deur Saterdagaand by Deon en Lizbe oor te slaap op Malmesbury om die meeste gesels solank agter die rug te kry en ook om oorvloedig bederf te word met ‘n braai. Hulle is natuurlik per motor en ontmoet die groep by Langebaan Engen. Hoe lekker is dit om so ‘n groot groep Wing Riders bymekaar te sien!

Cynthia en Gerdus het ook bietjie vroeër hulle uitrit begin deur by Igsaan en Feroza te gaan oorslaap. So, vroeg Sondagoggend vertrek die vier . Die oggend is heerlik en hulle is sommer lus vir ry!! Hulle maak die twee Wings vol en vat die oop pad na die Total Garage Melkbos waar hulle die ander Wing Riders ontmoet. Cynthia and her group arrived in time, actually precisely at 08:30 and met up with the others.

When you are in the company of Feroza, you do not have to wait long for the smell of freshly baked koesisters! Feroza treated us with this delicacy and after a nice chat with everybody, while also taking photos, Delphius was asked to stand in as Road Captain. So, off we went on the Gold Wings again, heading towards Engen on the R27 where the rest of the group was waiting for us.

Feroza, once again, was not shy to share her famous koesisters (not those twisted ones). An outrun would definitely not be the same without them! It was also nice to see Percy. He must really make a plan to get Elizabeth to join us again, even if she comes by car. We miss her friendly smile. It is a perfect day for biking, not too hot and not too windy.

Met die gedagte aan die lekker ontbyt wat voorlê, knip ons die geselsies kort en volg ons vir Pieter en Marietjie na Saldanha Hotel waar ons baie vriendelik voor die hotel ingewuif en gewys word waar om te parkeer. Die dorstiges word buite met sap en water verwelkom.

Ons groet vir Richard en Jackie, Louw en Julia, Ceraj en Nazli, en Krish en Gail, om maar net ‘n paar te noem. So goed om hulle almal weer te sien. Ons vind ook later uit dat dit eintlik Tracy se verjaarsdag is en het ons spesiaal aan tafel vir haar gesing ter viering van haar spesiale dag.

Krish gee kortliks meer inligting oor volgende jaar se Wing Fling en moedig ons aan om moeite te doen sodat almal dit kan bywoon.

Ons het al by ‘n paar geleenthede in die hotel oorgeslaap, en ons het net lof vir die personeel en hoe die akkommodasie daar uitsien. Dit is ‘n belewenis wanneer mens deur die pragtige voorportaal stap en, eensklaps, lê daar ‘n panoramiese kalm see-uitsig voor mens wat die asem sommer wegslaan.

Ons kom saam in ‘n spesiale kuierarea, wat laer af sit en net ‘n paar meter vanaf die see lê, en daar is ‘n behoorlike “spread” vir ons voorberei. Toe is dit tyd om weg te lê aan die lekker eetgoed en verder te kuier, lag en gesels.

Die sonnetjie het intussen warmer geword. Die groep wat terugry sou effe warm kry met die terugry!

‘n Paar van ons wat terugry kry mekaar so langs die pad en raak twee fietse gou-gou weer vier en vyf fietse totdat dit tyd raak om mekaar vaarwel te wuif.

So hier en daar was daar lede wat teruggery het tot hulle veilig naby die huis is om by ‘n kuierplekkie te gaan stop en die dag af te sluit in die geselskap van goeie en dierbare vriende.

Almal het veilig tuisgekom sonder enige voorval.

Wat ‘n voorreg om so saam met vriende te kan kuier. Dankie aan een en almal wat saam was. Dankie ook aan Christo (en wie ookal anders nog betrokke was) vir die uitstekende reëlings. Ons waardeer die moeite!

Tot ‘n volgende keer.

Wing Riders-groete van huis tot huis.

For photos of the outride, please click HERE.