Western Cape Chapter run: Rooi-Els, 18 August 2018

Geskryf deur Boet van der Merwe

Tydens ons laaste vergadering is besluit om die maandrit vanaf Sondag- na Saterdagoggend te skuif, en dan die bekendstelling van die 2018 Gold Wing te Honda Tygerberg by te woon. Baie lede het besluit om liewer direk die middag by Honda bymekaar te kom.

Toe ek by die bymekaarkomplek aankom, het Kraai en die Nobles al vir my gewag. Percy en Elizabeth Bernstein het hulle ook by ons gevoeg. Toe dit duidelik word dat geen ander lede ons gaan ontmoet nie, het ons na Rooi-Els vertrek. Ons het via Gordonsbaai en Clarenceweg gery.

Die weer was koelerig, veral in die skaduwee, maar geen wind of reën was teenwoordig nie.

Richard het vergeet om sy handskoene aan te trek voor ons ry, en het toe maar so gery. Aangesien sy hande lekker koud gekry het, dink ek, hy het sy les geleer, en sal ons volgende keer stop en eers maar die handskoene aantrek! Elizabeth se hande was ook yskoud toe sy ons gegroet het.

Die see was spieëlglad en pragtig!

Die pad is ook onlangs opgeknap en die rit was glad en gemaklik.

By Rooi-Els het ons lekker ontbyt en koffie geniet, en uitgevind hulle het geen wafel en roomys vir my nie! Ek dink nie hulle het verwag iemand sal dit gedurende ontbyttyd bestel nie! Ons moes ook uitkyk vir bobbejane, aangesien hulle maklik iets wat los rondlê gryp en weghardloop!

Die terugtog het glad verloop, met die Bernsteins wat êrens wou aangaan, en Kraai wat ook vinnig gestop het.

Ons het vir Delphius en Ilse by Pierre en Godelieve ontmoet, en is saam na Honda, waar ons die ander lede ontmoet het.

For more photos of the run, please click HERE