Western Cape Chapter: Year-end function, Kunguru Lodge, Elgin, 16 and 17 November 2019

Written by Amorita Engelbrecht

Feroza het oral gesoek en toe dié lekker plekkie gevind. Ons hou al die hele week die weer dop; dit lyk of dit die naweek gaan reën in Elgin – moeilik om te glo aangesien dit aan hierdie kant van die berg al so warm is!  Ons besluit om maar met die motor te gaan, daar is ook ‘n stukkie grondpad waarvoor ek maar versigtig is!  Goeie besluit, want Saterdagoggend word ons wakker met ‘n tierende suidoos wat waai, nie ‘n manier wat ek op die Wing klim nie.

We still had to do our weekly shopping, so we would meet the rest at the lodge. They met in Gordon’s Bay and from there they went to Kleinmond for a smoke and most probably a coffee. Pierre and Godelieve and Boet and Renthia were real bikers – they were on their Wings. The Van der Merwe boys joined their parents on their off-road bikes; apparently, they were quite worried that they would have to go by car!  The wind was the worst; the rain was more like a very heavy mist.

By die lodge aangekom, is daar al ‘n hele groep – Ardus en Petro en Piet en Ina, al die pad van die Tuinroete af – tog te lekker om hulle ook hier te hê. Anna en Wynand is ook al afgepak. Anna sit lekker by die kaggel wat ons warm hou. Die De Doorns-span is in vol sterkte daar. Vissie en sy vriendin, al die pad van Vredenburg, is ook daar, maar hulle slaap nie oor nie. Vat sommer die pad terug na ete. So ken ons mos vir Vissie!

It was nice to also see our new members, Peter and Mary, Phillipe, Jacques and Mandy, and Hendré and Hester.  Florence also joined us, supporting Phillipe!

New members of Western Cape Chapter: Peter & Mary Haffenden, Jacques & Mandy Rossouw, Philippe Parmentier, Hester & Hendré Jordaan

 

After the handing out of year badges, giving of colours to new members, singing the Wing Song and wishing Anna well on her birthday on Sunday, we enjoyed our supper.  A few couples even had enough energy to take a few turns on the dance floor. The rest had more than enough to chat about.

Toe was dit bed-toe-gaan-tyd met elektriese komberse wat baie welkom was. Dit het nog steeds liggies gereën, tog te heerlik. Ons het gladnie omgegee dat ons nie die swembad kon gebruik nie!

Sondagoggend was Wynand-hulle natuurlik eerste weg. Hulle moes nog gaan partytjie hou op Malmesbury. Ons ander eet ontbyt en vertrek so stuk-stuk. Dit reën nie meer nie, so die terugrit vir dié op twee- en driewiele was seker heel aangenaam.  Baie dankie vir al die reëlings, ons lekker geskenkie en almal wat die moeite gedoen het om te kom. Dit was goed om sommer net te sit en kuier om die kaggel. Bly veilig tot ons weer ontmoet!

All the photos can be viewed HERE.