Western Cape Chapter run: Rooi-Els, 18 August 2018
Geskryf deur Boet van der Merwe Tydens ons laaste vergadering is besluit om die maandrit vanaf Sondag- na Saterdagoggend te skuif, en dan die bekendstelling van die 2018 Gold Wing te Honda Tygerberg by te woon. Baie lede het besluit om liewer direk die middag by Honda bymekaar te kom. Toe ek by die bymekaarkomplek aankom, het Kraai en die Nobles al vir my gewag. Percy en Elizabeth Bernstein het hulle ook by ons gevoeg. Toe dit duidelik word dat geen ander lede ons gaan ontmoet nie, het ons na Rooi-Els vertrek. Ons het via Gordonsbaai en Clarenceweg gery. Die...