2019 Wing Fling – written by Amorita Engelbrecht
Vrydag, 4 Oktober 2019 Dit is koel en windstil toe ons om 4 v.m. uit Gordonsbaai vertrek. By Worcester kry ons vir Wynand en Anna en Willie en Magdalena. As ons net 'n paar minute gewag het, was Boet en Renthia ook by ons. Hulle het darem gou by ons aangesluit. Net buite Laingsburg stop 'n verkeersman ons, Wynand het besluit hy hou sommer verby, gelukkig was al ons papiere in orde. Ons eet by Drie Susters. Dit is nog steeds koel, met die wind wat effens opkom. Die veld is bitter droog. 'n Vorige keer toe ons hier verby...

















