Western Cape Chapter: Weekend run to Arniston, 20 to 22 November 2020

Written by Amorita Engelbrecht

André begin ewe gewillig die Wing opvryf vir die naweek, terwyl ek die weer dophou. Dit lyk of die wind heel naweek in Arniston gaan waai en dit gaan 33 grade wees Vrydag in Worcester, waar ons bymekaar moet kom.

Toe besluit ons, nee wat, ons is te lui of te lief vir ons gerief. Dié naweek kan die Wing maar sy vlerkies toevou. Ons is darem nie die enigste op vier wiele nie. Daar is ander ook wat weens gesondheid of ‘n Wing wat onder konstruksie tans is, met motors moet kom.

Ons ry verby die lekker vol Steenbrasdam. Die wêreld is mooi groen na ons winterreën. Na ‘n kort verposing in Napier, kom ons by die hotel aan. Pragtige ruim kamer. Alles wat nodig is, is daar – kraffie sjerrie, sakkies filterkoffie, ‘n beker melk in die yskas, en ek dink dis die eerste keer wat ons kamerjasse in die badkamer kry. Wat ‘n bederf!

Downstairs we meet our new member, Paul Setsetse, accompanied by a very brave Chuma. Krish convinced them to come all the way from KwaZulu-Natal to join us for the weekend. They had serious rain on the way and also lost their trailer when some bolts came undone.

Fortunately, some good Samaritans saw what happened and made Paul aware. They then went back and eventually found the trailer. They had to pay thieves a hefty amount to get it back!  We surely hope to see them at many more runs in the future.

We were also glad to see Wempie and Neelie again as Wempie had quite a fight with the virus, but a Boer will not let some overseas pest get him down! Wynand joined us with an imported longtime family friend, Jana, from up north.
Ceraj and Nazli arrive just in time for supper.

Krish and Gail hand out a gift to each consisting of a glass with the Wing emblem filled with some tasty goodies. Poor Gail nearly had a heart attack as she had to wait until the last minute to receive the goodies before she could start to make up the presents.

We learned that Ardus did not feel well enough for Petro and him to join us.

Na ‘n heerlike aandete gaan ons kamer toe en slaap rustig. Hoewel ons kamer op die swembad uitkyk, hoor ons tog die branders aangesien die hotel teenaan die see sit. Toe ons Saterdagoggend regmaak om na L’Agulhas te vertrek, ontdek Chris en Sandy dat hul motorsleutels soek is. Dit is later in hulle bed gekry!? Daar is lekker been getrek met Chris en was daar gewonder wat Chris gedurende die nag wou opstart. 🤣

By L’Agulhas Seafoods eet ons soos gewoonlik smaaklik. Kraai het kom invlieg om hallo te sê. Ons en Wempie-hulle vertrek terug na die hotel terwyl ander gaan kyk waar die twee oseane bymekaarkom.

Op pad deur Struisbaai, gaan loer ons of Deon en Lizbe dalk by hulle vriende se huis is. Ons kry hulle toe by die viswinkel. Die Londen-kinders met nuwe kleinseun het uiteindelik kom kuier. Die virus het hulle planne ook gepootjie. Wat ‘n voorreg om al jou kinders bymekaar te kan hê.

Delph challenged a few guys to join him in the pool or pay penalties, but only Jacques who showed lekker gees and who was not challenged, showed up!  Delph didn’t have a beach towel and tried to go undercover by bringing a foot towel from the hotel to dry off, hoping that since it was so small, they wouldn’t notice!  In spite of the cold wind, the two seemed to enjoy the dip.

We left for Bredasdorp early evening on Saturday for our supper at Flames Grill and Pub. It was reserved for our Wing Riders and was quite nicely decorated for our year-end function. After supper, almost everyone was on the floor for some dancing. Kenny and Chuma certainly brought their dancing shoes along, with Nazli as always, leading the way!

Ons oumense is huis toe, maar ek vermoed daar is nog ernstig gekuier .So deur die slaapnewels het ons nog stemme by die swembad gehoor, en ook dat daar ‘n lyf of twee ingeval of ingestoot is … waarskynlik Delphius en die boksombende. Gelukkig was geen verdrinkings aangemeld nie. 😉

Met ontbyt Sondag groet ons die ou en nuwe vriende. Dit was ‘n uiters suksesvolle afsluiting van ‘n uiters vreemde jaar. Ons is direk huis toe terwyl ‘n groep kuier-kuier en eet-eet terug is. By Botrivier kom ‘n maroen-kleurige Wing verby gesleep met ‘n sleepwaentjie met ‘n trapfiets op. Nog nooit so-iets gesien nie. Ek kon nie die nommerplaat sien nie en hy was te vinnig vir ‘n foto.

Baie baie dankie aan almal wat tot die pret bygedra het – dit was ‘n baie spesiale naweek!

Dankie aan Krish en Gail vir die kougoed en dan vir Delph vir die reël van die pragtige verblyf. Ons waardeer al die moeite!

Sien julle in 2021, dit kan net ‘n beter jaar wees!!

To view all the lovely photos of this weekend, please click HERE