Western Cape Chapter: Weekend run to Namaqua Lodge, 9 to 11 October 2020

Written by Amorita Engelbrecht

 

Dit is ons eerste oornag sedert Maart, en ons kan nie wag om die lang pad te vat op die Wing nie.  Die weervoorspelling sê dit gaan Vrydag reën in Gordonsbaai, maar ons ou mense skrik mos nie vir water nie, ons het immers al voorheen vir 7 ure in gietende reën gery van Worcester tot Jeffreysbaai.

Gerdus en James en hul metgeselle en Johan Hattingh en Boet en Renthia het ‘n lang naweek gemaak en Donderdag aand in die Piekenierskloof Country Lodge en op Clanwilliam al gaan oorgeslaap, of dalk was hulle bang vir die reën!

Net 8 druppels reën val uit die Strand tot in Stellenbosch, maar dis lekker koud. Ons is eerste by die Swartland Engen, na ‘n rukkie kom die Kraai aangevlieg en na hom Igsaan en Feroza, hulle het erg natgereën op pad.  Ons vertrek en kry vir Deon en Lizbe langs die pad, daar sak kort-kort ‘n reënbui uit, die wêreld is grasgroen na ons goeie reëns.

We stopped at Piketberg for fuel and something to eat, we get some more rain going up Piekenierskloof Pass.

Driving past Citrusdal, you could smell the orange blossoms. I thought the citrus season would be over by now. Arriving in Vanrhynsdorp it is still cold and windy. I packed all wrong, thinking it would be warmer by October. I will be wearing the same warm T-shirt for the whole weekend!  There’s quite a crowd already, catching up. We unpack and take a short rest before joining them.  Most we haven’t seen for a long time.  Supper was real “boerekos”, and after some more chatting, it was off to bed for a well-deserved rest.  The night was quiet except for the floorboards creaking loudly every time you got up.

On Saturday we wish Ceraj well on his birthday. He gave the family off this year, but I’m sure they will make up for it later! We get on our Wings, the sun is shining and there are green vineyards all around and we even see some wildflowers in spots.  I think we were a bit late in the flower season and the cool weather also kept them closed.

Willem and Hendrine also joined us, and Andrew and Zelda joined us at Strandfontein for the day. Good to see them again … maybe time for a new Wing?

Die paadjie af na die restaurant in Strandfontein het ons huwelik onder erge druk geplaas, die afdraand was BAIE steil met skerp draaie en ek dog hoe op aarde gaan ons weer daar bo uitkom!  Ek het die paar “trikes” met plek vir ‘n passasier begin beloer.  André sê ek moet hom vertrou, maar dit het nie eintlik my vrese besweer nie.  Gelukkig het ons met ‘n ander pad boontoe gery en dit was darem beter.  Ons doen ‘n kort stop by The Pink Pub en terwyl die meeste agterbly, lei Deon ‘n paar van ons op ‘n mooi pad deur Lutzville na ons middagete se stopplek.  Die ellelange Sishen-Saldanha trein ry verby.

By die Maskam Brewery Company word daar verder gekuier en lekker geëet. Ceraj se Wing ontwikkel ‘n problem. Na ‘n gekyk en gevroetel deur die manne, is dit gelukkig net ‘n dooie sekeringsdraad, (fuse) wat gou reggestel word.  Die aand kry ons lekker braaivleis en snoek met vele bykosse. Nog ‘n laat kuier volg voor ons bed toe is, maar nie voor ons vir Ceraj gesing het nie. ‘n Kers is aangesteek met sy verjaarsdagkoek, ‘n roosterkoekie!

Sondagoggend is ons vroeg op. Ons, Ceraj-hulle en Dick ry direk huis toe en gaan nie in Lambertsbaai ontbyt eet nie.  Louw van Schalkwyk kom loer in. Goed om bietjie met hom te kon kuier. Die ander slaap laat, maar Deon en Lizbe het kom groet, sy en Louw was saam op skool. Kraai het ook besluit om saam te ry en ons vertrek in vreeslike sterk wind en dit hou aan tot by Clanwilliam. Goed om die dam so vol te sien, met oop sluise.  Ek wens ons in die Weskaap kon van ons vol damme se water vir die droë dele stuur. Ons was regtig geseën hierdie winter.

Ons stop by Citrusdal waar Feroza ‘n sak lemoene en nog appels ook koop.  Nou weet ons hoekom hulle ‘n waentjie moet sleep!  Ons stop weer by Piketberg, kry koffie en Feroza pak ‘n hele klomp eetgoed uit. Saam met hulle lei jy nooit honger op pad nie!

Die ander bondel mense is vir ontbyt deur na Isabellas in Lambertsbaai waar Willem en Hendrine by Klawer aansluit en Pieter en Marietjie by Lambertsbaai. Ongelukkig was hulle nuwe trike nog nie gereed gewees vir die lang pad nie.

By Isabellas is die rooi tapyt uitgelê en ons was gewys om reg voor die plek te stop waar die eienaars eers foto’s geneem het. Daar was lank en heerlik gesels waar Gerrit Burger ook ‘n vinnige hallo kom sê het. Stuk-stuk het mense klaar geëet en kom totsiens sê en in die pad geval. Soos per normaal, het Delphius die agterhoede gedek.

So kom almal veilg tuis na ‘n heerlike naweek.  Baie dankie Dick vir jou lekker rosyne en vars dadels al die pad uit Kakamas. Ons moet weer by jou uitkom. Baie dankie Delph vir al jou reëlings; hopelik het ons jou nie te veel grys hare gegee nie!  Ek weet ons het almal die naweek terdeë geniet, dit was goed om so ‘n groot groep bymekaar te hê. Tot volgende keer.

To view all the lovely photos of this weekend, please click HERE