Western Cape Chapter: Run to Saldanha Bay, 21 and 22 March 2020

Written by Amorita Engelbrecht

Ons was in Oktober 2019 laas op ons Wing. Moes wag vir ‘n nuwe waterpomp en het ook gesukkel met ‘n hoeklig wat aanhou doodgaan het, so ons het baie uitgesien na die naweek by die Marriott Hotel in Saldanha.  Ons het besluit om nie saam met die groep vir ontbyt na Bellville te gaan nie, maar hulle op pad na Langebaan te kry. Was lui om vroeër op te staan!  By die Weskus Petrostasie kry ons vir Pieter en Marietjie, ook hulle seun Wynand; hy het heen en weer gery om video’s van die groep te neem.  Toe die ander opdaag, vertrek ons na die Kokomo Restaurant in Langebaan.

Coffee and other drinks were ordered. Some guys were in a hurry – the bottle stores close at 13:00 and provisions had to be bought!  As we were going to Vaatjie Taphuis in Port Owen for lunch, Krish phoned the Bokelmanns, who live there; they would join us. We had a leisurely time, catching up on news. After a while, Boet, Renthia, Obed and Daniël arrived. They had stayed at the hotel the previous night – a nice long weekend!  On our way out, we nearly took the wrong turn. Luckily Jackie told André before we left, to turn right.

In Vredenburg kom Vissie haastig verby, Chris en André volg hom. André sê later hy het vergeet ons is nog nie in Saldanha nie!  Gelukkig het Vissie ons gou beduie dat ons moes omdraai, hy was op pad na sy huis.  Voor Saldanha neem Krish die voortou en neem ons veilig tot by die hotel, waar ons afpak en sommer net lekker ontspan.  Ons kamers kyk uit op die baai waar ‘n klomp ernstige swemmers aan die oefen is, ook ‘n “jetski” wat ‘n soort opblaasbank met 4 mense op sleep. Hy gooi dan ‘n skerp draai, jy hoor net gille, lyk na groot pret!


Going to supper, we saw a wedding taking place on the lawn, very smart they looked too, the bridesmaids all in red.  Supper was very enjoyable, especially the snoek!  Most of us went to bed early, with the sound of the waves lulling us to sleep. Next morning we had a late breakfast, Phillipe, Florence, Percy, Elizabeth, Delph and Henda had to leave early, so we said goodbye to them. Then to the harbour where Boet showed that he too is an accomplished photographer, Wynand had left by then.

Ons, Krish-hulle en die Worcester- en De Doorns-groep sou die Malmesbury-pad huistoe neem, die res gaan die Weskus-pad doen.  En daar maak ons weer ‘n fout. André dog Krish is op die verkeerde pad, hy ry sommer oor ‘n stukkie grond middelman om by die ander aan te sluit!  Net om uit te vind dat Krish natuurlik reg was. Ons besluit om maar saam met die ander te ry. André weet ons kan vorentoe wel op die regte pad kom. Ceraj en Gerdus-hulle het wel saam met Krish gery.  Sowaar draai ons amper weer te gou af, uiteindelik het ons darem weer vir Krish-hulle gevind. André se rigting was effens op die koffie vandag!  By Malmesbury groet ons die ander en ry veilig huis toe.

Dankie aan almal wat die reëlings getref het, dit was ‘n heerlike rustige naweek.  Volgende keer sal Pieter en Marietjie op hulle Wing wees. Dit was ook lekker om Chris en Sandy beter te leer ken.  Vir eers bly ons maar in eensame afsondering en sit en kyk ons vir ons Wings!

For more photos of this run, please click HERE