Western Cape Chapter: Run to Piekenierskloof on 21 July 2019

Written by Amorita Engelbrecht

Na reën en wind is Sondag stil maar yskoud.  By Somerset-Wes voel dit of ons yspakke op ons knieë het!  Ons kry vir Johan Hattingh langs die pad.

Ek sê nogal vir André sy hande kry nie koud nie; sy Wing se handvatsels word mos warm. Ons s’n is al dood van die koue. Nee, sê hy, toe ons afklim by Swartland petrolstasie – hy het al wat ‘n knop is gedruk en getrek, maar kon niks regkry nie! Nadat hy die handleiding bestudeer het, het hy die regte knop gekry!  “When all else fails …!”

Naby Swartland verloor sy Wing ‘n paneel. Hy ry terug en kry dit, ongelukkig erg beskadig.

Gail verwelkom ons met heerlike warm koesisters. Darin is daar met sy 1200, Jan en Elaine ook, asook Willie met sy 1500.  Boet arriveer met sy splinternuwe 1800. Ons is baie dankbaar om hom weer te sien na sy baie moeilike tyd. Toe hy vir Renthia vra wanneer staan sy op, trek sy net die duvet verder oor haar kop!  Wynand bel vir Krish om te hoor hoekom ons so draai, hulle wag al vir ons by Piketberg!  Dis goed om hulle ook weer terug te sien op hulle swart Wing. Daarvandaan ry ons voorspoedig, die son begin lekker warm word.

By Piekenierskloof kry ons vir Vissie van die Weskus asook die Ismails en Dreyers van Worcester. Albei se Wings is nog onder konstruksie en hulle kom met vier wiele. Ons het pas gaan sit, toe kom Nico en Aletta van Vredendal ook aan.

Almal eet en drink heerlik. Na ete sit ons buite in die son terwyl Krish inligting gee oor toekomstige byeenkomste, asook ons oorslaapplekke op pad na die Wing Fling.  Delph het ‘n sleepsel in die Kaap gaan haal, hy sal nie betyds by ons wees nie.

We say goodbye to our friends, almost wishing we could stay for the night – it is such a lovely, peaceful setting.  On our way home, we see the man from California near Moorreesburg. He still has a long way to go!

Everybody arrived safely home. Thanks, Krish and Delph, for arranging such a lovely outing, and thanks to everybody who joined, hoping to see you all on our next ride!

More photos: Click HERE