Western Cape Chapter: Run to Riebeek-Kasteel on 21 January 2018

For our first run of 2018, we all met at the N1 Engen Winelands 1-stop North and departed at 08:30.

Vrydag en Saterdag waai die suidoos stormsterk in Gordonsbaai, die kraaie gaap in Worcester, so ek was bly toe André sê ons kan met die motor gaan op ons uitrit! Sondagoggend is dit natuurlik windstil, maar ons hou maar by ons besluit.

 

 

 

 

 

A few members took the Klapmuts road to Stellenbosch where we waited for the other at Helshoogte.

Buite die Paarl, kom sewe Wings en ons en Boet met voertuie bymekaar. ‘n Lekker groupie – dit was lekker om Percy van Bloubergstrand ook weer te sien.

We had a good run over Helshoogte, past Groot Drakenstein Correctional Facility (the former Victor Verster maximum security prison near Paarl).

The weather was perfect. Ons ry bo-oor Du Toitskloof. Met die afkyk ondertoe sien mens oral swart velde soos die brande ons gelooi het.  Heel bo-op die pas is dit koel en mistig, maar dit verander gou hoe nader ons aan Worcester kom. Johan Hattingh neem ons na sy rustige, mooi gastehuis waar eet- en drinkgoed op ons wag.

James en Rozanne en Ceraj sluit by ons aan en ons hoor dat dit darem beter gaan met Nazli.  James vertel ons een en ander oor die tafeldruiwebedryf en al die probleme waarmee hulle te doen kry, veral die droogte wat almal raak.

Ons bespreek ‘n paar sake wat aandag verg en Kraai doen sy bes om ons aan te jaag sodat ons betyds by ons eetplek sal wees! Gerdus en Cynthia kom gou hallo sê na kerk.  Ek wil net dankie sê vir hulle geskenk verlede jaar, die rooiwyn en druiwesap was heerlik, die witwyn is volgende!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Toe is dit weer opklim om verder te ry na Riebeek-Kasteel, die Slanghoekvallei is nog mooi groen, maar mens bly maar bewus van die droogte.  Die rit verder was lekker, ons was lanklaas op dié roete. Ons verloor ‘n paar Wings wat nog besig was by die petrolpomp, maar hulle kom ook veilig aan op Riebeek-Kasteel.  By Mama Cucina sit Deon en Lizbe al en wag. Almal bestel dadelik iets koels om te drink en ons het moeite om te kies uit die groot verskeidenheid op die spyskaart.

Deon besluit op die “Banting” burger. Toe dit kom, besluit hy om meer gereeld so te eet, die porsie was BAIE groot!

So kuier ons lekker verder, bespreek die probleme in die land en soek na oplossings.

Maar alle lekker dinge kom tot ‘n einde, ons groet, die “regte” Wing Riders trek hulle warm baadjies aan en ons vertrek huis toe.  Baie dankie aan almal wat saamgekom het, asook aan Kraai wat dinge so mooi bymekaar gehou het!

Report put together by Amorita and Johan (Kraai)

To view more photo of this run –