2018 Mini Wing Fling to Kakamas

 

On Thursday, 26 April 2018, members of Central Chapter departed from Comaro Street in Johannesburg South, and members of Western Cape Chapter departed from Cape Town and surrounds to travel to the Mini Wing Fling which was held in Kakamas. Central Chapter travelled to Kimberley for their overnight stay and WC Chapter to Calvinia.

Old friends met up at Dick and Meisie Venter’s hotel, Kalahari Gateway in Kakamas, during the late afternoon on Friday, 27 April 2018, and enjoyed a delicious braai for dinner. The food was excellent every day of our stay! Thank you, once again.

On Saturday, 28 April 2018, some of our members took to the skies of Kakamas and Augrabies and were able to view the falls from the air as well as the breathtaking scenery over the whole area. During the afternoon, members visited the Marchand Fees (festival/show), were entertained by good musicians and enjoyed delicious pancakes, other food made by ‘boeretannies’ and a few drinks. A special song was sung for Maria Sadie to celebrate her birthday and a few Wing Riders joined in dancing. In the evening, we were treated to Dick’s best-ever ‘potjiekos’.

On Sunday, 29 April 2018, members visited the breathtaking Augrabies Falls. During the afternoon, those who did not go the previous day, visited Die Mas van Kakamas, a farm which was established by the Hanekom family in 1970 and produces export table grapes, raisins and award-winning wines and brandies at the wine cellar.

On Monday, 30 April 2018, most Western Cape Chapter members departed home. Central Chapter stayed on keeping themselves busy with all sorts of things. Some members went on an outing to Riemvasmaak. This is a settlement ± 60 km from Kakamas, near the Orange River and close to the Namibian border. The name means ‘tighten the strap’ or ‘tied with straps’. It was originally settled in the early 1930s by people of Xhosa, Damara, Herero, Nama, and Coloured origin. Beautiful, untouched nature, at its best.

Early Tuesday morning, Central Chapter members tackled the long road home, armed with delicious ‘padkos’ prepared by Dick’s staff. Outside Upington, we treated ourselves to this and then travelled further to Vryburg for our overnight stay.

There were only a few hiccups such as a tyre that had to be replaced and someone who reversed into Boet’s Wing, but we are all grateful that everyone arrived home safely.

 

Input from Western Cape Chapter, written by Amorita Engelbrecht

Donderweer, met baie reën word vir Donderdag in die Kaap voorspel, ek wag maar dat André besluit of hy met die Wing wil ry.  Die nag reën dit wel lekker, ‘n bietjie hael val, maar die oggend is windstil en die son loer selfs uit!  Ons ry lekker tot voor Stellenbosch, met buie wat kort-kort uitsak, die verkeer is baie erg, ons weet nie of daar betogings in die dorp is nie, dus ry ons maar buite om.  By Deon en Lizbe in Malmesbury val die water lekker, ons hoop maar dis genoeg om die damme bietjie voller te maak!

By Delphius en Ilse op Calvinia is ons bly om af te klim en ‘n welkome koffie te drink, ons bly in een van hulle gastehuise, Boet en Renthia sal ook in ‘n kamer agter hulle huis oornag.  Ons kry die ander vriende van die Weskaap daar, Delph het ‘n vriend gereël wat die braaiwerk gaan doen, baie goed met delegeer, die prokureur!  Ilse het douvoordag opgestaan en ‘n heerlike potbrood gebak, met al die ander bykosse eet ons heeltemal te veel!  Toe skink Delph nog allerhande soetighede om alles af te rond, uiteindelik kom ons in die bed vir ‘n welverdiende nagrus.

Vrydag oggend vertrek ons om 9:30 uit Calvinia, hier sluit Louw en Julia by ons aan, orals is daar plassies water, daar is geel blommetjies langs die pad en ons ry veilig tot op Brandvlei waar ons vir middagete stop.  Die manne, en dames, eet asof die vorige oordaad vergete is, afval en twee yslike skenkels onder andere!  Ons vertrek na Kenhardt, waar ons na ‘n kort toer op die dorp se grondpaaie by ‘n man se stoor kom, hy het ‘n groot aantal motorfietse, bakkies en motors, die manne kwyl behoorlik!  Uiteindelik is daar klaar gekyk en kan ons weer vertrek, die wêreld raak groener en dis wonderlik om die Oranjerivier so vol te sien.  Ons maak planne met kanale af Kaap toe vir ons leë damme!

Ons arriveer by die Kalahari Gateway Hotel waar ons soos gewoonlik gasvry ontvang word, pak uit en groet die vriende van Central en ander van ver af.  Aandete is van die beste, en meeste van ons oordoen dit weer!  Ons vind uit dat ‘n waterpyp vir die 2de keer die dag gebars het, niemand het water nie!  Ons Weskapenaars is nie te veel gepla nie, ons is gewoond om elke 3de dag te stort en met emmers rond te hardloop!  Almal het gou begin om die swembad leeg te skep vir toilette se spoel!

Ons slaap lekker en vroeg Saterdag oggend maak die eerste klomp reg om met die vliegtuie oor die valle te vlieg, André is so haastig, hy groet my skaars, veilig terug sê hy dit was ‘n wonderlike ondervinding.  Later gaan doen van die mense ‘n wynproe, asook ‘n besoek aan Marchand se skou, André het ‘n probleem met sy ” throttle return cable ” en sorteer dit eers uit, daarna kuier ons om die swembad.  Deon en Lizbe loop ou vriende van Malmesbury raak en het heelwat om op te vang, ons gaan rus.  Maria verjaar en ons wens haar geluk, Neels en Delph is die enigste dapperes wat vir amper ‘n uur in die swembad hang, seker maar om skoon te kom ook!  Dick kom sê dat daar weer ‘n bars in die pyp gekom het, as ons wil stort, moet ons gou maak, ek is gou kamer toe, aangesien ek die vorige aand se water gemis het!  Die naweek van gebarste pype, arme Dick!  Na ete kuier ons en Deon-hulle nog by Louw en Julia.

Sondag word groepfoto’s geneem voordat ons valle toe vertrek, daar gekom is dit omtrent ‘n vertrapping, elkeen moet maar sy eie parkeerplekkie soek.  Die valle is iets om te aanskou, al waaraan ons kan dink is die massas water wat see toe loop, Dick onderneem om pype te reël wat na die Weskaap kan loop vir ons leë damme!  Ons vertrek stuk-stuk, ons paar gaan na die Mas wynkelder om brandewyn, wyn en jenewer te proe, ook om voorrade aan te koop vir die winter.  Daarna gaan ons saam met Deon en Louw-hulle na die waterwiel kyk, ek sit maar bietjie en bak in die son terwyl hulle die besigheid bekyk.  By die hotel is dit pak en rus, terwyl ander nog vir oulaas gaan vlieg.  Vanaand is dit Dick se beroemde spitbraai, met al die heerlike bykosse, dan groet ons al die vriende, dit was ‘n lekker naweek kuier!

Maandag oggend groet ons vir Peet, hy gaan Walvisbaai toe, ons en Deon-hulle en Louw-hulle vertrek saam, Dick het nog spesiaal vir ons kom groet.  Ons ry goed, dis koud en die pad is stil, die veld is mooi groen met plate blou en geel blommetjies.  Ons hou stil in Pofadder by die Eeufees monument waar Louw fotos neem, hy het hier gebly.  Ons sien gereeld vir Krish en sy span, as hulle aankom by ‘n petrolpomp, trek ons net weg.  Ons eet by Springbok waar dit warmer begin word, die pad is ook besiger, ons groet vir Louw en Julia by Vanrhynsdorp, nadat daar eers weer koffie gedrink word.  Gelukkig hoef ons nie by die brugwerke stop nie, dit sou baie warm gewees het!  Ons en Deon-hulle groet by Piketberg en ons stoot aan om by die huis te kom.  Na 12 ure op die 30 jarige Wing kom ons veilig in Gordonsbaai, Boet en Renthia het bietjie probleme gehad, maar hulle is ook laataand veilig tuis.

Groot dankie aan Dick en Meisie vir die lekker bederf, Dick en sy span vir die heerlike kos, dis julle skuld dat die Wings swaarder was op brandstof, ek weet my baadjie het net-net toegemaak!  Dankie aan Meisie vir die sappige soet dadels wat sy gereël het, ook vir die geskenkies in die kamers.  Aan al die ou en nuwe vriende, dankie vir vriendskap en lekker kuier die naweek!

 

Photos of the 2018 Mini Wing Fling:

26 April 2018, Thursday, click HERE
27 April 2018, Friday, click HERE
28 April 2018, Saturday, click HERE
29 April 2018, Sunday, click HERE
30 April 2018, Monday, click HERE
1 & 2 May 2018, Tuesday & Wednesday, click HERE