2017 Wing Fling

Written by Amorita Engelbrecht
(Western Cape Chapter)

Ons slaap Woensdagaand oor op Worcester, anders moes ons Donderdagoggend om 4:30 uit Gordonsbaai vertrek het. Krish en Gail het so ‘n goeie naam by die Casino dat hy vir ons ‘n baie goeie afslag gekry het vir die nag. Ons eet aandete by die Casino en gaan slaap vroeg. Donderdagoggend sluit Kraai Krige by ons aan, hy het sowaar natgereën op pad, terwyl Ceraj en Igsaan-hulle ook later bykom. Dit is baie koud tot op Laingsburg, maar windstil, wat vir my altyd ‘n bonus is! Ek neem nog aan dat ons ontbyt by Steers gaan eet, toe pak Nazli ‘n hele ete uit op hulle waentjie, brode, vleise en samoosas, ons het net koffie gekoop. Hier kry ons ook vir Johan Visser, ons groepie raak al groter. By Drie Susters stop ons vir middagete; soos die weduwee se kruik, is daar nog genoeg van Nazli se kos oor vir almal, ons mis net koesisters, maar Ceraj sê die Wing was klaar te swaar gelaai! Ons sien ‘n paar lorries met watertenks op pad Kaap toe, ons verskaffers kan nie voorbly nie.

We had a safe trip to Gariep Dam, where we slept over, we booked into our luxury chalets, everybody was happy, except maybe Kraai and Johan, who found they had to share a bed! That was soon sorted out. Boet and Renthia and Deon and Marinda were already on their first beers when we arrived. We had dinner and went to bed early, as Krish, Ceraj and Igsaan had to leave very early. On Friday morning we were ready before 8am, but Delphius, Andrew, Mossie and their partners were still sound asleep, so we had to chase them out of their beds! They were at another lodge. On our way to Bloemfontein we saw the thousands of swallow nests under the bridges, with the birds flying in and out of the nests. We had our breakfast outside Bloemfontein, where Andrew and Delphius had to wait quite a while for their food. Here Andrew and Mossie left our group, Kraai was still looking and waiting for them! We arrived to a warm welcome at The Loft, greeted old friends and unpacked. At dinner we had some nice music and VERY large steaks. Deon showed a video of the 2016 Wing Fling at Port Elizabeth. We were quite sorry that we could not go. Those who had arrived earlier, danced, but we went to bed early for a well deserved rest.

Saterdagoggend is dit die massarit, waar die verkeersmanne gesorg het dat daar geen oponthoud vir die ryers was nie. Toe is dit Mall toe waar die Wings gewas en laat was is. Vanaand is die liggieparade, asook ‘n geleentheid om jou kreatiwiteit te gebruik met jou kleredrag. My persoonlike keuse was Hendrik en Maria wat soos twee regte grootwildjagters gelyk het, Neels en Laura, die twee hoendertjies en die beste, Johnno. Tydens die parade het hy agter ons verbygesluip, ek het sy oë vermy, want ek het niks gehad om vir die bedelaar te gee nie, André het ook anderpad gekyk. Ons was seker ons het hom in die dorp gesien. Dit is eers in die eetkamer wat ons hom herken het en sy bedelbordjie gelees het! Gelukkig het ‘n vriendelike non, Frankie, haar oor hom ontferm! Maraai het ook twee kinders van ander gaste bederf deur hulle saam met haar te laat ry. Die aand maak dieselfde musikante musiek en ons geniet aandete.

Sondag is dit Concourse by die Mall, sommige het al vroeg arriveer om binne te parkeer, daar is besluit om slegs trikes binne toe te laat, sodat die teëls nie beskadig word nie, behalwe een slimme wat ‘n tapytjie gebring het! Dié wat nie deelgeneem het nie, het buite gestaan om deel te wees van die publiek se keuse. Deon het die beoordelaars raad gegee hoe om hulle werk te doen en Delphius, Luke, Jan en ‘n nuwe lid, Boetie, was die manne wat moes oordeel. Daar is gekuier en gekoop tot 2nm, toe almal weer kon vertrek. Ons kuier rustig om die swembad, eet lekker braaivleis, twee dames doen die musiek en ons groet die gaste en ‘n paar ander wat net vir die naweek gekom het. Leonie het met haar trapfiets geval, gelukkig net haar hand beseer, maar arme Melanie het ‘n beentjie in haar hand gebreek toe sy hom teen ‘n deur gekap het. Sy moes hospitaal toe vir ‘n operasie, maar teen Dinsdag was sy weer met ons.

Monday we had a choice between a long run to Bergville, or a shorter one to Clarens. We took the long route, it was quite cold and windy, but we still enjoyed the scenery, Golden Gate spectacular as always, with the Sterkfontein Dam something special to see, all that water! A lorry and some of us had to make a quick stop for a cow who leasurely crossed the road! Our lunch at the Bingelela restaurant, in the middle of nowhere, was very enjoyable. On our way back the wind picked up alarmingly, we are used to the south easter in the Cape, but this was something else, especially next to the Sterkfontein Dam. André said later it was the first time he thought the Wing would be blown from under him. We also had a light sandstorm from the plowed fields, now and then the wind was from the front, which helped a bit. Hendrik and Maria were in front of us, we saw Hendrik’s feet blown sideways (!!), and Maria clinging for dear life to keep her helmet on her head! But we arrived safely at The Loft, tired and dusty.

Dinsdag besluit ‘n groep hulle het nog nie genoeg wind beleef nie, en vertrek na Fouriesburg en Ficksburg. ‘n Paar ander het gaan leeutjies kyk. Dit is nog lekker koud, maar gelukkig is die wind toe nie so erg nie. Ons ry deur die mooi omgewing met groen landerye en besonderse rotsformasies. By Fouriesburg is die kroeg nog toe, Jane koop ‘n mooi leertas vir haar seun en ons besluit om solank na die hotel te gaan. ‘n Paar fikses besluit om te stap, aangesien ons weer na die kroeg sou terugkom. Ons drink koffie, party eet iets in die mooi ou sandsteen hotel, met die kerk net oorkant! Toe terug na die kroeg waar ‘n verskeidenheid Jack Daniels te sien is. Ons vertrek na Ficksburg, natuurlik is ons te vroeg vir die kersie seisoen, maar ons stop langs die pad vir ‘n stalletjie, waar ander produkte te koop was. Dit was ‘n grondpad, toe wag ‘n paar langs die pad op die grond, wat my maar bang gehad het, ek doen nie die grondpad ding nie! Van die werkershuise het groot klippe op hul sinkdakke, ons verstaan dit heeltemal, gesien die wind! Ficksburg is vol mooi sandsteen geboue, met die pragtige kerk, waar ons stop vir fotos, dis net jammer dat die strate so verwaarloos en vol gate is. Ons eet lekker en kuier lank by ‘n restaurant, die ene geroeste artikels! André bring vir my ‘n glas groen goed, ek dog dis paddaslyk, toe is dit heerlike vars appelsap! Ons vertrek weer, moeg maar bly dat ons weer eens ‘n nuwe omgewing kon sien.

Wednesday it is meetings time. Stefan, André and a few others tried to get Meisie’s trike a bit more comfortable for the trip back to Kakamas. The evening is our Gala evening, with everybody looking their best, to complement the lovely decor on the tables.

We have another enjoyable meal, well-deserved prizes are awarded, some items are auctioned and the new National Council was announced. Chairman: Luke Hartog, Vice Chairman: Delphius Symington, Treasurer: Melanie Lynn, Secretary / Marketing Manager / Webmaster: Suzette Grobler. Congratulations and all the best for the future! Krish announced that the October 2018 Wing Fling will be hosted by Western Cape, at Avalon Springs in Montagu. We say goodbye to all our friends, go to our rooms to pack and then early to bed. Thanks to everybody for their hard work with all the arrangements, our lovely shirts, for whoever realised that the sizes had to be changed, it fitted perfectly! The Loft management and staff were always friendly, nothing was too much trouble! Not to forget poor Stefan, his advice and help with Meisie’s trike was sorely needed! The petrol cable broke 140km from Kakamas, but Dick fixed it with a screwdriver, a la taxi, and they made it safely back home!

Donderdagoggend vertrek ons en Kraai om 6vm, lekker koud maar genadiglik windstil, ons waardeer vir oulaas die groen velde en baie damme water langs die pad. Ons ry voorspoedig, met die baie trokke wat soos gewoonlik baie gaaf is en ons spasie gee om verby te gaan. Ontbyt is naby Bloemfontein en ons kom om 4nm by Beaufortwes, waar ons oorslaap. Andrew en Zelda slaap ook daar oor, by ‘n ander gastehuis. Na ons ete by die Spur gaan slaap ons vroeg, hoewel Kraai om middernag opstaan om die gloeilampie in die een hooflig van sy Wing te vervang.

Vrydagoggend is ons weer vroeg op pad, ons kry weer trokke met watertenks, op pad Kaap toe, asook twee trokke met groenvoer, seker bestem vir die boere wat so swaarkry onder die droogte. Daar lê sneeu op die Hexrivier bergreeks, baie welkom vir die damme, hoewel dit nog baie groen hier is. Christo van Lill wag vir ons buite Worcester, hy sal definitief volgende jaar na die Wing Fling kom, ons het hom goed jaloers gehad met al ons stories! Die wind is bietjie lastig, maar op die brug aan Paarl se kant van die tonnel, roer die windkous nie eers nie, dié stuk is altyd my groot toets, dis waar trokke soms omgewaai word! Almal kom veilig tuis sonder enige ernstige probleme.

Nogmaals baie dankie aan almal betrokke by ‘n heerlike Wing Fling. Ons Weskaap ouens het dit veral so geniet om ELKE dag te kan stort!!

Amorita Engelbrecht