Western Cape Chapter: Progressive Run on 19 November 2017
Written by Amorita Engelbrecht Die “Club Captain” het 'n lekker rit gereël vir ons – eers ontbyt by ons nuwe vriende in die Hexriviervallei, Gerdus en Cynthia en James en Rozanne, en daarna na Krish en Gail vir middagete. Ons was verras oor die groot aantal Wings wat opgedaag het. Die oggend was lekker koel, ons het veilig gery en toe ons by Gerdus-hulle se plaas kom, wag daar 'n feesmaal op ons! Almal het vermoedelik heeltemal te veel geëet, ons het lekker gesels en toe neem Gerdus ons deur hulle pragtige groen vallei – ons ry mos altyd net...









