WC Chapter: Run to Sandown Blues, Kleinmond, 28 February 2021
Written by Amorita Engelbrecht Toe kies ons Kapenaars die warmste en winderigste dag dié somer om op die Wings te klim! Ek bly hoop dat André sal sê ons kan met die kar ry, maar as ek enigsins kla oor die weer, sê hy dat hy die Wing gaan verkoop, en wil ek nou dít op my gewete hê?! Op pad na ons bymekaarkomplek waai die wind só sterk dat ek amper gevra het of hy my nie kan terugvat huistoe nie, maar ek byt maar vas en klou. By die garage is daar al 'n hele groep mense. Wynand...





