Western Cape Chapter run: Helpende Handjies in Montagu on 24 June 2018
Geskryf deur Amorita Engelbrecht André is besig om ons Wing te diens, dus is ons met vier wiele op pad. Dit is bewolk en koud en van Stellenbosch tot voor die tonnel reën dit liggies. By Worcester kry ons vir Krish, John Dreyer, die Nobles en Ceraj en Nazli, asook 'n paar van die plaaslike motorfietsklub. Dit lyk my die skoolvakansie en winterweer het ons maar redelik uitgedun! Daar is besluit om KFC by Robertson te koop vir die kinders, so ons en Richard-hulle ry solank. Die pad is besig met haastige mense; die padwerke by Ashton en in die...


















