WC Chapter: Outride to Paarl, 15 May 2022
Al is dit aanvanklik koud, is dit verder 'n volmaakte dag en hoor mens oral motorfietse brul soos wat hulle die pad vat. By ons bymekaarkomplek voor Sir Lowrypas, staan Feroza soos gewoonlik reg met die heerlikste varsgebakte koeksisters. Delphius het eers later, met spyt, verneem dat hy die heerlikheid misgeloop omrede hy op die nippertjie by die vertrekpunt opgedaag het. Wynand, Kraai, Gerdus en Cynthia-hulle was ook daar; die De Doorns-paar was hoeka in Stellenbosch. Chris van der Merwe het saam met ons opgedaag met sy 1100 Wing. Boet en Jacques was effe ongesteld - ons hoop hulle herstel...