Western Cape Chapter: Progressive run, Worcester – Malmesbury, 20 January 2019
Written by Amorita Engelbrecht André was nie lus vir 'n warm vrou op die Wing in warm Worcester nie, so ons is direk na Malmesbury, en weet dus nie wat die res in Worcester gedoen het nie. Dit was 'n heerlike rit van Gordonsbaai tot in Malmesbury, lekker koel en windstil. In Malmesbury was Deon en Lizbe al slaggereed vir die Gold Wing-inval. Ons het lekker gesels terwyl ons vir die res gewag het. Igsaan en Feroza daag later op met 'n versameling heerlike samoosas. Ons het sommer dadelik begin proe. Na 'n veilige maar warm rit, kom die res...