Western Cape Chapter: Run to Saldanha Bay, 21 and 22 March 2020
Written by Amorita Engelbrecht Ons was in Oktober 2019 laas op ons Wing. Moes wag vir 'n nuwe waterpomp en het ook gesukkel met 'n hoeklig wat aanhou doodgaan het, so ons het baie uitgesien na die naweek by die Marriott Hotel in Saldanha. Ons het besluit om nie saam met die groep vir ontbyt na Bellville te gaan nie, maar hulle op pad na Langebaan te kry. Was lui om vroeër op te staan! By die Weskus Petrostasie kry ons vir Pieter en Marietjie, ook hulle seun Wynand; hy het heen en weer gery om video's van die groep...








